Atletiek

Atletiek by Trio Primêr – Waar talent blom en kampioene gevorm word!

Atletiek is die hartklop van uithouvermoë, spoed en sportmanskap, en by Trio Primêr vier ons elke leerling se passie en toewyding. Van naellope tot velditems, ons moedig ons atlete aan om hul grense te toets, hul vaardighede te slyp en met trots hul skool se kleure te dra.

Met toegewyde afrigting en 'n ondersteunende span, bou ons nie net sterk sportmanne en -vroue nie, maar ook volharding, selfvertroue en die vreugde van gesonde kompetisie. Hier tel elke oefening, elke wedstryd en elke prestasie—want ons glo in groei en oorwinning, groot of klein.

Word deel van die gees van atletiek en beleef die energie van ’n span wat saam na sukses streef!

2026 Uitslae

Van ons atlete het aan die Fonteine uitnodigingsbyeenkoms in Sasolburg gaan deelneem.  Baie geluk aan die volgende atlete wat plekke tydens die byeenkoms behaal het.

Sien uitslae

Satelliet-atletiek 2026: ’n fees van talent en sportmanskap wat die veld laat bruis het.

Sien uitslae

Tydens die Kroon Primêr uitnodigingsbyeenkoms het die Welpies trots gepresteer met 2 eerste plekke, 5 tweede plekke en 2 derde plekke.

Sien uitslae

Ons is verheug om te deel dat 11 van ons atlete aan die Fichardpark uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem het – en elkeen het ’n plek behaal tussen 1ste en 6de!

Hierdie uitsonderlike prestasies getuig van hul harde werk, toewyding en die ondersteuning van afrigters en spanmaats. Ons atlete het nie net hul talent gewys nie, maar ook die trots en gees van ons skool op die baan en veld uitgedra.
Baie geluk aan elkeen – julle is ware kampioene! 

Sien uitslae

Baie geluk aan die volgende atlete wat rekords verbeter het tydens die Fezile Dabi-Suid Byeenkoms wat 18 Februarie plaasgevind het.

Edrich Wium Seuns 8jaar 60m 9:09sek
Samu Mdluli Dogters 12 jaar 1200m 04:02.70
Anika van Schalkwyk Dogters 13 jaar Spiesgooi 30.30m
Jacques Blignaut Seuns 12 jaar Diskus 37.40m
Annebelle Breytenbach Dogters 10 jaar 100m 14:64 sek (afwesig tydens die neem van die foto) 

Sien uitslae

Voeg hier die beVan ons atlete het Saterdag 28 Februarie aan die Jaarlikse Fezile Dabi (Noord-Vrystaat) Atletiekbyeenkoms in Sasolburg gaan deelneem. Ten spyte van baie sterk kompetisie het ons atlete baie goed presteer. Baie geluk aan die volgende atlete wat plekke tydens die byeenkoms behaal het. Hierdie atlete dring dan ook deur na die Vrystaat Altetiekbyeenkoms eerskomende Saterdag (7 Maart) in Sasolburg.skrywing vir opsie 6 by.

Sien uitslae

2025 Uitslae

Van ons atlete het aan die Fonteine uitnodigingsbyeenkoms in Sasolburg gaan deelneem.  Ten spyte van baie sterk kompetisie het ons atlete baie goed presteeer.  Baie geluk aan die volgende atlete wat plekke tydens die byeenkoms behaal het.

Sien uitslae

Ons het die Satelietbyeenkoms, wat op Woensdag, 29 Januarie plaasgevind het, suksesvol aangebied. Tydens die byeenkoms het ons 66 eerste plekke, 53 tweede plekke, en 42 derde plekke behaal.

Sien uitslae

Trio atlete het op 8 Februarie 2025 aan die Super 8 byeenkoms deelgeneem in Germiston en dit was 'n reuse sukses! Met uitsonderlike deelname en spanwerk het ons die dag met pret en prestasie geskok.

Sien uitslae

Tydens die Fezile Dabi Kampioenskappe, gehou by Loubserpark in Kroonstad op 12 Februarie, het ons atlete besonders goed presteer. Ons het altesaam 45 eerste plekke, 28 tweede plekke, 24 derde plekke, en 15 vierde plekke behaal.

Sien uitslae

Ons atlete het op Saterdag 1 Maart aan die Noord-Vrystaat Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Baie geluk aan die atlete wat gekwalifiseer het om op Saterdag 8 Maart aan die Vrystaatbyeenkoms in Bloemfontein deel te neem.

Sien uitslae

Op 8 Maart het 'n aantal belowende atlete aan die Vrystaat byeenkoms in Bloemfontein deelgeneem en uitstekende prestasies behaal. Vier atlete het daarin geslaag om hul plekke te verseker vir die komende SA Kampioenskappe in Germiston. Hierdie atlete is Lana Nel (70m hekkies) , Anika van Schalkwyk (Spiesgooi), Retief Hugo (70m Hekkies) en Ray Kuiper (Gewigstoot).

Tydens die byeenkoms het die atlete nie net individuele suksesse behaal nie, maar ook as 'n span uitgestaan. Volgens die APE tabel punte het die 0.10 seuns, Retief Hugo en Ray Kuiper, 'n algehele derde plek behaal. By die 0.11 dogters het Lana Nel, Lianné de Vos, Rele Hlaole, en Samu Mdluli ook uitstekend gevaar en hul span het 'n algehele tweede plek behaal.

Ons wens hierdie talentvolle atlete alle sterkte toe vir die SA Kampioenskappe en vertrou dat hulle voort sal bou op hul prestasies. Hulle is 'n ware inspirasie vir die gemeenskap en het met trots ons skool se naam hoog gehou.

Sien uitslae

© Kopiereg 2025 Trio Primêr - Alle Regte Voorbehou | Koekiebeleid | Privaatheidsbeleid

WhatsApp Chat
Terug na Sportpaneelbord
Terug na Bo