Met toewyding, fokus en ’n vaste hand het ons boogskietspan weer eens gewys wat ware vasberadenheid beteken. Julle deursettingsvermoë en ywer in elke kompetisie is inspirerend, en ons is ongelooflik trots op elke skoot wat julle met selfvertroue losgelaat het.
Mag julle altyd met presisie mik en met trots elke sukses vier!
Op 'n helder Saterdagoggend, 22 Februarie, het ons met groot geesdrif deelgeneem aan die interskole-toernooi wat deur Voortrekker Skool in Bethlehem aangebied is. Ons spelers het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en indrukwekkende prestasies gelewer. Hier is 'n paar van die hoogtepunte:
Lourens Heymans:
Feleshke van Niekerk:
Mianko Labuschagne:
Rayden Lee:


Op 1 Maart het ons met groot opwinding in Virginia deelgeneem aan 'n toernooi wat deur Voluit en Hentie Cilliers aangebied was. Ons spanne het pragtig presteer en uitstekende resultate behaal. Hier is 'n paar hoogtepunte van die dag:
Mianko Labuschagne:
Rayden Lee:
Hartlik geluk aan die leerders wat tydens Curro en Martie du Plessis se kompetisies in Bloemfontein uitmuntende prestasies behaal het! Julle harde werk en toewyding is werklik iets om op trots te wees.
1. Curro – Kompetisie
2. Martie Du Plessis - Kompetisie

Puik werk aan al ons leerders wat die naweek van 10 Mei 2025 met groot durf deelgeneem het aan die Trio Primêr en Trio Hoërskool kompetisies by Trio Hoërskool se velde! Met amper 200 skuts in aksie het ons span hul moed en vaardigheid duidelik gewys. Ons is ook ongelooflik trots op ons klein maats – die dapper Minions – wat met soveel entoesiasme deelgeneem het! Julle het regtig gewys wat deursettingsvermoë en spanmoed beteken, en dit is inspirerend om te sien.
Graad 7:
Graad 6:
Graad 5:
Graad 3:
Graad 1:

Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens Curro en Martie du Plessis se kompetisies te Bloemfontein presteer het.
1. Curro – Kompetisie
2. Martie Du Plessis - Kompetisie
