Dubbelkamp

Uitslae

Ons is trots om aan te kondig dat een van ons atlete op 1 Maart weer aan 'n dubbelkamp deelgeneem het.

Die liga was in 'n aflosformaat waarin elke spanlid 2.5 km moes hardloop, 10 km fietsry en daarna weer 1.25 km moes hardloop.

Hendrik en sy span het uitmuntend gevaar en het die eerste plek behaal. Baie geluk julle!

Vrystaat se Ster: Dubbelkamp-kampioen op pad na George!

Baie geluk aan Hendrik Rautenbach! 
Hendrik het op 17 Mei 2025 aan die Vrystaat dubbelkamp kompetisie deelgeneem en ‘n indrukwekkende prestasie behaal. Hy het vir Supersprint algeheel vierde plek geëindig onder al die junior ouderdomsgroepe.

Hy is gekies om deel te neem aan die South African Duathlon championship te George op 17 Julie 2025

'n Uitstekende prestasie wat harde werk en deursettingsvermoë weerspieël—ons wens hom alle sukses vir die toekoms! 

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem laudantium in adipisci ipsa optio quas id excepturi non, eos cupiditate

© Kopiereg 2025 Trio Primêr - Alle Regte Voorbehou | Koekiebeleid | Privaatheidsbeleid

WhatsApp Chat
Terug na Sportpaneelbord
Terug na Bo