Ons skool se ondersteuningspan bestaan uit vele rolspelers wat strek van arbeidsterapeute, spraakterapeute, sielkundiges tot maatskaplike dienste. Hierdie ondersteuningspan se hoofdoel is om ondersteuningsplanne vir leerders uit te werk om sodoende leerders holisties te kan ondersteun.
Didakties is ekstra klasse wat aan leerders gebied word wat ‘n ekstra hand nodig het om sekere konsepte onder die knie te kry. Dit word gebied in Afrikaans, Engels en Wiskunde. Hierdie didaktiese klasse word die vakonderwyser self aangebied en die leerders baat daarby om ekstra aandag te ontvang.
Ons skool bied Remediërende Onderrig wat individuele onderrig is vir leerders met spesifieke leerprobleme in lees, spel en Wiskunde. Dit blyk van groot waarde te wees om die boustene wat agterweë gelaat is in te haal sodat die leerder skolasties kan groei.
Ons het tans oor die 100 leerders wat hierdie gespesialiseerde onderrig ontvang.
Akkommodasie word aan leerders gebied met spesifieke diagnoses wat deur die Departement van Onderwys aanbeveel word om ‘n alternatiewe metode van assessering te volg.
Ons is baie bevoorreg om ‘n gerekenariseerde akkommodasie program te besit wat vraestelle vir leerders kan lees.
Ons het tans oor die 30 leerders wat akkommodasie ontvang en dit word suksesvol gekoördineer deur ons akkommodasie-koördineerder.
Hierdie is gespesialiseerde klasse wat in kleiner groepe gedeel is om leerders met ‘n hoër vlak van ondersteuning en onderrig te bied. Ons het tans 3 ondersteuningsklasse waar ons leerders met kognitiewe probleme, outisme en selfs down sindroom akkommodeer. Hierdie klasse lê ons na aan die hart en hierdie leerders vorm net so deel van die skool as enige ander leerder wat sport, kultuur en enige ander aktiwiteit van die skool betref.
Daar word gereeld SBST vergaderings gehou om volhoubare ondersteuningsplanne
vir leerders uit te werk om hulle te help.
Baie dankie dat elke kind se belange op die hart gedra word en dat julle ons
as skool se hande sterk maak met raad en daad.