Ritmegroep

Na afloop van verskeie oudisies is daar 26 dogters en 4 seuns gekies vir die 2025-ritmegroep.

Vyf onderwysers/afrigters en twee assistente is betrokke:
Me S. Cornelissen, C. Chamberlain,
D. Els, J. Mynhardt en E. Grobbelaar saam met assistente: C. Kluin en T. Niemann.

Oudisies het in 2025  uit 1 rondte bestaan en die finale groep het dadelik begin oefen.

Die revue-werkswinkel wat oor twee dae geskied het en waartydens alle danspassies, formasies en liedjies gefinaliseer word, was in die skoolsaal deur 'n choreograaf aangebied.

   

Custom Icon

2024: Ritmefees

Ons eerste formele optrede was by ons eie Ritmefees op 1 Augustus 2024. Dit was ‘n reuse sukses en ons het baie goeie terugvoer ontvang. Ons beoog om die Ritmefees in 2025 oor 2 aande aan te bied om voorsiening vir al die skole te maak. Daar is reeds ‘n klomp nuwe skole wat laat weet het dat hulle graag in 2025 wil deelneem.

Custom Icon

2024: Revuefees

Die tweede formele optrede was op 13 Augustus 2024 by Sand du Plessis Hoërskool in Bloemfontein se Revuefees. Ons het ook baie goeie terugvoer by die geleentheid ontvang. Voor die COVID-inperking was hierdie geleentheid ‘n kompetisie, maar a.g.v. onvoorsiene omstandighede kon dit weereens nie by die Sand du Plessis-teater aangebied word nie. Die leerders het egter die atmosfeer, klank en beligting van dié Revuefees baie geniet. Ons laaste optrede was op 26 Augustus tydens ‘n saalbyeenkoms. Die leerders het dit baie geniet om voor al hul skoolmaats te dans.

© Kopiereg 2025 Trio Primêr - Alle Regte Voorbehou | Koekiebeleid | Privaatheidsbeleid

WhatsApp Chat
Terug na Kultuurpaneelbord
Terug na Bo