Die drama-departement van Trio Primêr kyk met trots terug na ‘n suksesvolle 2024. Sowat 130 leerlinge het gedurende die jaar by die dramaklasse baat gevind.
Gedurende Augustus het ons leerlinge aan die Goudveld Hoërskool Taal- en Kunstefees te Welkom deelgeneem. Dit was die eerste keer wat ons as Trio Primêr by hierdie kunstefees deelgeneem het en ons het vele komplimente ontvang.
Die jaarlikse eksamen van die Spraak en Drama Kollege is tydens September deur 110 van ons Graad 1-7 dramaleerlinge afgelê. Mnr. Kobus Strydom was die eksaminator. Ons leerlinge het uitstekend presteer.
TRIO Drama verwelkom graag in 2025 alle seuns en dogters wat wil
leer om hulself gemaklik voor mense uit te leef.