Swem

Ons swemmers van Trio het buitengewone prestasies behaal en het elke uitdaging met moed en deursettingsvermoë aangepak. Ons glo in die voortreflikheid van ons span en sien uit na nog groter suksesse in die toekoms.

Baie geluk aan elke Welpie se prestasies!

2026 Uitslae

Ons trio swemmers het met trots deelgeneem aan die Fezile Dabi byeenkoms op 26 Januarie 2026 en uitstekende prestasies behaal.

Sien uitslae

Die volgende swemmers het medaljes ontvang tydens die Noord-Vrystaat Skole Swem Kampioenskap wat 3-4 Februarie plaasgevind het te Kroonstad

• Ymeri Wilken
• Kayla Coetzee
• Adam Norval
• Gustav Maartens
• Nienke Eksteen 

Sien uitslae

Trio Primêr het op 17-18 Februarie deelgeneem aan die Vrystaat Skole Inter Primêr Swem Kampioenskap te Bloemfontein.

Baie geluk aan Kayla Coetzee en Ymeri Wilken wat kwalifiserende tye vir die SA Skole Swemkampioenskappe behaal het.
Verder wil ons ook Kayla Coetzee en Braam Snyders gelukwens as medaljewenners by die Vrystaat Skole Interprimêre Swemkampioenskappe.

Sien uitslae

2025 Uitslae

Die Fezile Dabi byeenkoms was uiters suksesvol, met ons span wat 16 eerste plekke, 12 tweede plekke en 9 derde plekke behaal het.

Sien uitslae

Die Noord-Vrystraat byeenkoms het besonder goed verloop die jaar, met ons span wat 15 eerste plekke, 21 tweede plekke en 5 derde plekke behaal het.

Sien uitslae

Tydens die Kroon Primêr uitnodigingsbyeenkoms het die Welpies trots gepresteer met 2 eerste plekke, 5 tweede plekke en 2 derde plekke.

Sien uitslae

Trio se swemmers het aan die VS Inter-Laer Skole Swem byeenkoms deelgeneem wat op 18-19 Februarie plaasgevind het te Bloemfontein.

Die volgende swemmers het kwalifiserende SA Skole tye geswem:
- Jané Botha
- Christie Snyders
- Burhan Coetzee
- Barend van Der Merwe

Baie geluk aan elke swemmer se goeie prestasies! Ons is trots!

Sien uitslae

Christie Snyders het deelgeneem aan die SA Skole Swemkampioenskappe wat vanaf 4 tot 8 April in Bloemfontein plaasgevind het. Haar uitslae is as volg.
8 ste – 100m Vlinderslag Finals
8 ste – 50m Vlinderslag Finals
9 de – 200m Individuele Wisselsag Finals
12 de - 50m Borsslag Prelims
14 de – 100m Borsslag Prelims
16 de – 50m
Rugslag Prelims 5 de – 4x100m
Wisselslag aflos Finals Baie geluk Christie.

Jy het die vrugte gepluk van al jou harde werk!

© Kopiereg 2025 Trio Primêr - Alle Regte Voorbehou | Koekiebeleid | Privaatheidsbeleid

WhatsApp Chat
Terug na Sportpaneelbord
Terug na Bo